Met Nasionale Vrouedag om die draai, laat Lozärn heel gepas die kollig val op vrouewynmaker Salóme Buys-Vermeulen.
Sy is die wynmaker en handelsmerkambassadeur vir Lozärn-wyne in die Robertson-wynvallei.
Vanaf ’n klein begin in 2014, tot ’n gesonde, groeiende besigheid in 2022, sien sy haarself meer as ’n kritiese besluitnemer en doener as net die “maker” van wyn.